Psalms 129
Afrikaans Die Heilige Bybel · 8 verses
- 1 'n Bedevaartslied. Alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af- laat Israel dit sê-
- 2 alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af; tog het hulle my nie oorwin nie.
- 3 Ploeërs het op my rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek.
- 4 Die HERE is regverdig: Hy het die toue van die goddelose afgekap.
- 5 Laat hulle beskaamd staan en agteruitwyk, almal wat Sion haat.
- 6 Laat hulle word soos gras op die dakke wat verdor voordat 'n mens dit uittrek,
- 7 waarmee die maaier sy hand en die gerwebinder sy arm nie vul nie.
- 8 Sodat die wat verbygaan, nie sê nie: Die seën van die HERE oor julle! Ons seën julle in die Naam van die HERE.