Psalms 4
Afrikaans Die Heilige Bybel · 9 verses
- 1 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid.
- 2 As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!
- 3 o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela.
- 4 Weet tog dat die HERE vir Hom 'n gunsgenoot afgesonder het; die HERE hoor as ek Hom aanroep.
- 5 Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela.
- 6 Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die HERE.
- 7 Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o HERE!
- 8 Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.
- 9 Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon.