Job 25
  • 1 Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
  • 2 Heerskappy en verskrikking is by Hom wat vrede maak in sy hoogtes.
  • 3 Is daar 'n getal vir sy leërskare? En oor wie rys sy lig nie op nie?
  • 4 Hoe sou dan 'n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit 'n vrou gebore is?
  • 5 Kyk, selfs die maan--hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie.
  • 6 Hoeveel minder die mens, 'n maaier; en die mensekind, 'n wurm.